Fingoland

From Wikipedia, the free encyclopedia

Fingoland
Remove ads

Fingoland (Mfenguland) is 'n historiese naam vir die gebied tussen die Groot-Keirivier en die Mbhasherivier en beslaan dele van die distrikte van Butterworth, Nqamakwe, Tsomo en Dutywa. Dit lê suid van Tembuland, wes van Galekaland en noord van Brits-Kaffraria.

Thumb
Kaart wat Fingoland aandui.

Die Fingo's (Amafengu) was oorblyfsels van ander stamme wat tydens die Mfecane versplinter is. Op uitnodiging van die goewerneur van die Kaapkolonie, sir Philip Wodehouse, het 'n groep van hierdie vlugtelinge hulle in 1865 hier kom vestig. Op 1 Oktober 1879 is die streek by die Kaapkolonie ingelyf onder kapt. M.L. Blyth as eerste hooflanddros. Op daardie datum het die Fingo's dus Britse onderdane geword.

Thumb
Die amaFengu was bekend as goeie skuts.

Die heuwelagtige landskap leen hom tot bees- en skaapboerdery. Net meer as 3 km oos van Nqamakwe is die bekende Blythswood, 'n voormalige Skotse sendingstasie en tans skool.

Remove ads

Bibliografie

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads