Gewone melba

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gewone melba
Remove ads

Die gewone melba is 'n klein (lengte: 12 – 14 cm) kleurvolle voëltjie wat maklik die oog vang wanneer dit rondbeweeg tussen doringbosse en struike. Veral die mannetjie is kenmerkend met 'n rooi gesig, groen bors en gespikkelde onderlyf.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Identifikasie

Die gewone melba word gewoonlik in pare of klein familiegroepe aangetref. Hulle boer in swerms wanneer hulle nie nes maak nie. Die mannetjie se gesig en bo-keel is helder rooi, met 'n grys bo-kroon en nek. Sy onderlyf is gespikkeld met swart en wit dwarsstrepe. Sy bekkie vertoon rooierig. Die wyfie het 'n soortgelyke uiterlike, maar haar hele gesig en nek is grys, met 'n swart bekkie. 'n Onvolwasse melba het 'n uitgewaste olyfkleur op sy kop en keel, met 'n swart bekkie swart en rooibruin oë.

Remove ads

Habitat

Die melba verkies digte doringbosse of lang gras in Acacia-savanne, rivieroewers en bosse in droë dele.

Verspreiding

Die gewone melba kom voor in Afrika; Suid van die Sahara en is wydverspreid in suidelike Afrika, uitgesluit die Kaap suid van die Oranjerivier en die Vrystaatse hoëveld.

Geluid

Sagte string note tot en met 16 sekondes lank, beginnende met kort waterdruppelagtige klanke gevolg deur 'n skerp kriek-kriek klank. Uiter ook 'n klaende fluit in 'n mooi kort liedjie.

Fotogalery

Ander name

  • Afrikaans: Melbasysie
  • Engels: Melba Finch
  • Duits: Buntastrild
  • Wetenskaplike naam: Pytilia melba

Sien ook

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads