Gravis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

'n Gravis of gravisaksent ( ` ) is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstrepie bo-op 'n letter (slegs vokale) geplaas word. Die strepie loop van links bo na regs onder. Dus lê dit agteroor.

À à
È è
Ì ì
Ò ò
Ù ù

Dit word gebruik ter wille van uitspraak. Die woord word standaard so gespel, anders as met 'n akuutaksent wat gebruik word om 'n woord in 'n sekere konteks uit te lig.

Name soos André is egter 'n uitsondering op die reël: "André" word altyd met die aksentteken gespel, maar 'n akuut-aksentteken word gebruik, nie 'n gravis nie.

Remove ads

Voorbeelde

  • dè, hè, nè
  • appèl
  • crèche
  • première

ASCII kodes

Meer inligting Kleinletters, Hoofletters ...

Hou die Alt-sleutel in terwyl hierdie syfers ingesleutel word.

In Microsoft Word kan jy Ctrl en ` druk en dan die letter.

'n Ander alternatief is ook om op die Windowsknoppie links onder te druk en in die soekblokkie "character" te tik en enter te druk. Daar kan feitlik enige simbool verkry word.

Remove ads

Kyk ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads