Grover Cleveland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Stephen Grover Cleveland (18 Maart 1837 – 24 Junie 1908) was die 22ste en 24ste President van die Verenigde State. Hy is die eerste persoon wat twee nie-agtereensvolgende termyne as president gedien het (van 1885–1889 en weer 1893–1897[1]) en moet gevolglik twee keer getel word wanneer die aantal Amerikaanse presidente bepaal word. Tydens sy tweede ampstermyn het Utah op 4 Januarie 1896 die 45ste deelstaat van die Verenigde State geword.[2][3][4]
Cleveland was 'n selfgeleerde regstudent, en werk as 'n prokureur en distriksprokureur van 1860 tot 1871. Hy was 'n voormalige burgemeester van Buffalo en goewerneur van New York, toe hy James Blaine in die 1884 presidensiële verkiesing verslaan het. Tydens sy bewind is hy geprys vir sy moed, eerlikheid en integriteit. Hy was minder gewild weens sy pogings om invoerbelasting te verlaag, sy gereelde veto van kongresbesluite en die sistematiese ignorering van die pers. Hy het die 1888-verkiesing aan Benjamin Harrison verloor, hoewel hy die meeste stemme nasionaal gekry het.
In 1892 het hy egter dieselfde Benjamin Harrison verslaan; sy tweede termyn het van 1893 tot 1897 gestrek. Hy is dwarsdeur daardie termyn gekonfronteer met 'n diep ekonomiese krisis, wat begin het net voor hy sy amp aangeneem het. Hy kon dit nie onder beheer kry nie, hoofsaaklik weens die gebrek aan 'n Sentrale Bank wat die geldvoorraad kon reguleer. Hy het egter daarin geslaag om die omstrede Sherman Silver Purchase Act van 1890, uitgereik deur Harrison, om te keer, wat van toe af goud in plaas van silwer as die basis van die monetêre stelsel geplaas het, ’n maatreël wat ewe omstrede was.
In 1894 het hy federale troepe gestuur om die Pullman-staking te verbreek, wat baie as 'n klad op sy reputasie beskou het.
Cleveland is die eerste president van die Verenigde State wat twee nie-opeenvolgende termyne dien. Donald Trump sou in 2024 die tweede persoon word wat dit regkry. Cleveland was ook die enigste president wat binne die Withuis getrou het. Op 2 Junie 1886 trou hy met Frances Clara Folsom, 27 jaar jonger as hy, sy op die ouderdom van 21, die jongste, en na die mening van baie, die mooiste presidentsvrou tot vandag toe. Sy vervang dus vir Rose Cleveland, die suster van die president, wat as presidentsvrou gedien het gedurende die voorhuwelikse tydperk.
Hy is op 24 Junie 1908 aan 'n hartaanval oorlede. Sy laaste woorde was: "Ek het alles probeer om dit reg te kry." Cleveland het geleef om 71 jaar oud te wees.
Remove ads
Kabinetslede: 1ste termyn

Remove ads
Kabinetslede: 2de termyn

Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
