Haliet

From Wikipedia, the free encyclopedia

Haliet
Remove ads

Haliet (ook bekend as klipsout) is 'n mineraal met formule NaCl. Dit is die mineraalvorm van tafelsout. Die naam stam van Grieks άλς, sout, see. Die chemiese naam is natriumchloried.

Meer inligting Optiese eienskappe, Kristallografie ...

Haliet is oplosbaar in water en kristalle word as evaporiete in soutmere gevind asook as soutkoepels in afsettingsgesteentes. Dit kan dalk ook deur sublimasie by 450-550 °C uit vulkaniese gasse gevorm word.[1]

Die mineraal is belangrik as grondstof vir vervaardiging van eetbare tafelsout en van chloor en natronloog. Ruwe haliet is nie veilig om te eet nie omdat dit skadelike onsuiwerhede kan bevat.

Remove ads

Kristalstruktuur

Thumb
Haliet op de Dooie See se oever

Haliet het 'n eenvoudige kubiese kristalstruktuur wat bestaan uit 'n afwisseling van lae positiewe en negatiewe ione in digpakking in die volgorde A-a-B-b-C-c(-A-a-ensomeer). Die stapelrigting is die (111)-liggaamsdiagonaal van die kubiese eenheidssel. 'n Ander beskrywing is om 'n kubiese digpakking se oktaëderholtes met 'n ander atoom op te vul.

Hierdie kristalstruktuur word deur baie ander stowwe aangeneem en dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se B1-struktuur.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads