Hasara
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Hasara (Persies: هزاره, Hasaraki: آزره) is 'n Irannese etniese groep inheems aan die streek Hasarajat/Hasaristan (هزارجات, Hazāradschāt; هزارستان, Hazāristān) van Sentraal-Afghanistan met die Bamiyan-vallei, bekend vir die Boeddhas van Bamiyan. Hulle praat die Hasaraki-dialek van Dari,[11][12][13] 'n oostelike variëteit van Persies. Dari vorm saam met Pasjtoe die twee amptelike tale van Afghanistan.

Hulle is in teenstelling met die Soennitiese bevolkingsmeerderheid van Afghanistan oorwegend Twaalfer-Sjiïtiese Moslems en vorm die derde grootste etniese groep van Afghanistan (7–9% van die bevolking), net ná die Pasjtoene en die Tadjiks.[14][15][16][17] Daarbenewens vorm hulle 'n belangrike minderheid in die aangrensende Pakistan, met 'n bevolking van sowat 650 000–900 000,[18] hoofsaaklik in die gebied rondom Quetta. As gevolg van hul Sjiïtiese geloof is die Hasara dikwels teiken van beweerde diskriminasie deur die regerings van beide Afghanistan en Pakistan en bykomende terreuraanvalle deur die Islamitiese Staat en die Taliban.[19][20] As gevolg an hierdie vervolgings het honderdduisende Hasara wêreldwyd gevestig, veral in Westerse lande van Europa, Australië en Kanada, maar ook in Indonesië.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
