Honolulu County

From Wikipedia, the free encyclopedia

Honolulu Countymap
Remove ads

Honolulu County, amptelik City and County of Honolulu, is 'n gekonsolideerde stedelike county (dit wil sê 'n administratiewe onderafdeling waarin stad en county in een jurisdiksie saamgesmelt het) in die Amerikaanse deelstaat Hawaii.

Kitsfeite City and County of Honolulu, Land ...

Die munisipaliteit en county behels sowel die stedelike distrik van Honolulu (die grootste en hoofstad van die deelstaat Hawaii) asook die res van die eiland Oʻahu en 'n aantal kleiner afgeleë eilande, waaronder alle Noordwestelike Hawaii-eilande.

Die gekonsolideerde stad-county is volgens die Stedelike Oktrooi van 1907 gevorm en deur die Wetgewende Vergadering van die Gebied van Hawaii bevestig. As 'n munisipale korporasie en jurisdiksie val regeringstake in sy gesag wat in die res van die Verenigde State tradisioneel deur munisipaliteite en counties uitgevoer word.

Volgens die 2010-sensus beloop die bevolking van Stad en County 953 207 wat van Honolulu die tiende grootste munisipaliteit in die Verenigde State maak. Vanweë Hawaii se munisipale struktuur word die Stad en County Honolulu deur die United States Census Bureau vir statistieke doeleindes steeds in 'n aantal sensusgebiede (census-designated places) verdeel, ongeag die feit dat dit die enigste geïnkorporeerde gebied in die deelstaat is.

Die huidige burgemeester van Honolulu is Peter Carlisle wat Kirk Caldwell opgevolg het. Die stad-county se leuse is Haʻaheo No ʻO Honolulu (Trots van Honolulu).

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads