Reusesterretjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die reusesterretjie (Sterna caspia) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Caspian tern.

Dit is die enigste spesie in die genus Hydroprogne.
Remove ads
Identifikasie
Die voël het 'n wit lyf, grys rug en vlerkrugkante, 'n swart mus op die kop, swart pote en 'n enorme rooi snawel. Die reusesterretjie is die grootste spesie onder die sterretjies.
Habitat en gewoontes
Die voël vang vis in die see en broei op eilande, bv. Robbeneiland, en slaap ook by riviermondings. Hulle is alleenlopend maar kan ook saam met ander sterretjies voorkom. Die reusesterretjie duik diep agter prooi aan. Omrede die voëls nie enige steurnisse gedurende broeityd verdra nie, het dit 'n bedreigde spesie geword.
Sien ook
Bronne
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Newman se Voëls volgens kleur. Kenneth Newman. 2000. ISBN 1-86872-449-2
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads