Indusium

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Indusium is die eerste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Meer inligting Periode/ sisteem, Epog/ serie ...

Die tydperk was van sowat 252,2 tot 251,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die laaste etage/tydsnede van die Perm, die Changhsingium, en gevolg deur die Olenekium.

Remove ads

Naam en definisie

Die Indusium is genoem na die rivier Indus in Indië en Pakistan. Die oorspronklike tipeligging van die etage kom aan die oewers van dié rivier voor. Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Hindeodus parvus en die bopunt van die negatiewe δ13C-waarde, ’n bietjie bo die Perm-Trias-uitwissing. Die bokant van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Hedenstroemia en Meekoceras gracilitatis en van die Conodonta Neospathodus waageni.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads