Antef I
Antieke Egiptiese farao From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Antef I (ook bekend as Intef I) was ’n farao van die 11de Dinastie van Antieke Egipte.
Remove ads
Lewe en bewind
Antef I was ’n nomarg van Thebe. Hy het die Horusnaam Horus Sehertawy aangeneem en hom so tot koning van die hele Egipte verklaar. Sy mag is egter teengestaan deur ander nomosse. Daardeur het Antef ’n burgeroorlog veroorsaak tussen Thebe en die heersers van die 10de Dinastie en hul bondgenoot Anktifi, die nomarg van Herakleopolis.
Antef I het verskeie stede verower, soos Thebe, Abydos en Thinis, en sy mag uitgebrei tot by Dendera. Sy bewind word op sowat 16 jaar geraam – die presiese tydperk is onbekend omdat sy naam en dié van Mentoehotep I op die Turynse Koningslys gekombineer word. Hy is opgevolg deur sy broer, Antef II.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads