JHWH
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Hebreeuse letterkombinasie יהוה (jod-hé-waw-hé (JHWH, van regs na links gelees) is in die Tanag die Naam van God. Dit word ook wel tetragrammaton (τετραγράμματον) genoem, 'n Griekse woord wat "stelsel van vier letters" beteken.

Naam van God in die Joodse tradisie
Jode sê amper nooit die naam JHWH nie, uit respek vir die heiligheid van God (of omdat die uitspraak onbekend is vir die spreker). Pleks daarvan word die volgende name vir God gehanteer:
- אדני – Adonai — "my Here"; hierdie naam word gehanteer by formele lesings (in gebede, ens.)
- אלהים – Elohiem (of in daagliks gebruik אלכים – Elokiem) — "Godheid"
- הקדש ברוכ הו – Ha-Kadosj Baroeg Hoe — "die Heilige", "Geseënd is Hy" (veral by die Joods-ortodokse gemeenskap)
- השם – Ha-Sjem — "die Naam"; mees gebruikte naam in die allerdaaglikse taal
- אל(י) – El(i) — "(my) God"
- אדשם – Adosjem — 'n mengsel van Adonai en ha-Sjem
- שדי – Sjaddaj — "Almagtige"
- יהוה צבת – JHWH Tsevaot — "HERE van die heerskare" – "HERE van die hemelse magte"
- יה – Jah
- עליון – Eljon — "Allerhoogste"
- שלם – Sjalom — "Vrede"
- שכנה – Sjechina — "Woning"
- אהיה אשר אהיה – Ehije Asjer Ehije — "Ek Is Wat Ek Is"
- God, net soos ander dit sê. Gelowige Jode skryf die laaste naam meestal sonder 'o' omdat ook hierdie naam (in geskrewe taal), uit respek nie uitgespreek mag word nie. Dit is hoekom "G-d" partykeer met een strepie (of met aanhalingstekens) geskryf word.
Levitikus 24:16 bepaal dat die misbruik van God se Naam gestraf moet word met die dood deur steniging. Ook dit kan 'n rede wees hoekom hulle Sy Naam nie uitspreek nie.
Remove ads
Naam van God in die Christelike tradisie
Christene gebruik ander name as Jode, ook al word hiermee dieselfde God bedoel:
- God — algemeen
- HERE of HEER — die tweede waarvan meestal in versmaat gebruik is
- die Ewige
- die (Heilige) Naam — ook wel die Latyns (Nomen Sacrum)
- die Godheid
- die Aanwesige
- die Enige
- die Lewende
- die Onnoembare
- die Almagtige
- Jahweh of Jehova — die tweede vorm waarvan vat die klinkers van "Adonai"; die eerste is hoe Hebreeusgeleerdes die oorspronklike uitspraak herkonstrueer, met die betekenis "die Bestaande" (letterlik "Hy Is")
Remove ads
Eksterne skakels
| Wikimedia Commons bevat media in verband met Tetragrammaton. |
- (en) "Tetragrammaton". Jewish Encyclopedia. Besoek op 17 September 2025.
- (en) "Yahweh". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 September 2025.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
