Jake Bugg

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jake Bugg
Remove ads

Jake Bugg (gebore as Jacob Edwin Kennedy op 28 Februarie 1994) is 'n Engelse sanger en liedjieskrywer. Sy selfgetitelde debuutalbum, wat hy grotendeels saam met die liedjieskrywers Iain Archer, Matt Prime en Crispin Hunt geskryf het, is laat in 2012 vrygestel en het nommer een op die Britse trefferlys bereik. Sy belangrikste musikale invloede as liedjieskrywer is Layne Staley, die Beatles en Johnny Cash.

Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Remove ads

Lewe en loopbaan

Vroeë lewe

Jake Bugg is as seun van musikale ouers in Nottingham, Engeland gebore. Sy pa, wie se van Bugg was, het as verpleger gewerk, terwyl sy ma as verkoopdame werksaam was. Albei het musiekopnames gemaak. Die ouers het geskei toe Jake nog klein was.

Jake het in die Clifton-raadsbehuising van Nottingham grootgeword en in die ouderdom van twaalf kitaar begin speel nadat sy oom Mark met dié instrument vertroud gemaak het. Hy het vir 'n kursus in musiektegnologie ingeskryf, maar het op sestienjarige leeftyd besluit om dié opleiding te staak en liewer sy eie liedjies te skryf en voor te dra. Sy musiek toon invloede van die Beatles, Layne Staley, Johnny Cash, Oasis, Donovan, die Everly Brothers en Jimi Hendrix.

Remove ads

‎Ateljeealbums

  • Jake Bugg (2012)
  • Shangri La (2013)
  • On My One (2016)
  • Hearts That Strain (2017)
  • Saturday Night, Sunday Morning (2021)

Eksterne skakels

Media

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads