Jan Hartogh

‘n plantkundige en tuinier vir die VOC aan die Kaap From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Jan (Johannes) Hartogh (soms ook Hartog, Hertogh, de Hertog en Hartogius) (*Aken, 1663/Januarie 1664 ? - †Suriname, voor Desember 1722) was ‘n plantkundige, tuinier vir die VOC aan die Kaap en ‘n vroeë reisiger in die Overberg.

Vroeg in die 18de eeu was Hartogh die bestuurder op Vergelegen, die plaas van goew. Willem Adriaan van der Stel. Van der Stel het die hele Overberg as sy persoonlike besit beskou en dryf daar onwettig handel met die Khoikhoi ten bate van homself. Die laaste strooptog namens hom het in 1707 plaasgevind onder leiding van Jan Hartogh. Hy het egter geen plante versamel nie, maar wel kennis van die inheemse bevolking, hul leiers en die ligging van hul krale opgedoen.

Op 1 November 1707 vertrek Hartogh as leier van ‘n geselskap van 8 blankes en 3 Khoikhoi-manne oor die Kaapse Vlakte, die Hottentots-Hollandberge en die Gantoupas na die Palmietrivier, die plaas De Rust na Botrivier. Langs die Swartrivier kom hulle by die plaas Boontjieskraal. By die huidige Beinbrechtbrug gaan hulle oor die Sonderendrivier. In die omgewing van Greyton sien hulle drie krale van die Khoikhoi en vind ruilhandel plaas. Hierna volg hulle min of meer die rivier tot sy aansluiting met die Breederivier. Daar draai hulle om en sien ‘n renoster. Hierna keer hulle via die warmbron (by Caledon) en Boontjieskraal weer terug.

Die reis het 3 weke geduur, 220 osse en 242 skape is verkry en goeie kontakte met die Khoikhkoi-leiers en hul volgelinge en kennis van die streek is opgebou, aldus Hartogh se reisverslag. Dat die reis sou gaan om plante te versamel was bloot ‘n rookskerm vir die onwettige handel met die inheemse bevolking.

Remove ads

Bibliografie

  • In the footsteps of Jan Hartogh. In: Village Life. Journal of People, Nature, History and Art. Nr. 12, Junie/Julie 2005 ISSN 1810-5580
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads