Jerry Collins

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jerry Collins
Remove ads

Jerry Collins (*4 November 1980, Apia, Samoa – †5 Junie 2015, Béziers, Frankryk) was ’n professionele Nieu-Seelandse rugbyspeler. Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2003 en 2007 vir Nieu-Seeland uitgedraf.

Kitsfeite Bynaam, Geboortedatum ...
Remove ads

Vroeë loopbaan

Collins is gekies vir die Nieu-Seelandse Hoërskolespan terwyl hy vir St. Patrick’s-kollege, in Wellington se eerste span gespeel het in 1997 en 1998. Tydens die 1999 Wêreld Juniorkampioenskap (o/19) is Collins aangewys as speler van die toernooi as deel van ’n seëvierende Nieu-Seelandse span. Hy was ook die eerste speler van daardie groep om vir die All Blacks gekies te word.

Professionele loopbaan

Collins het sy debuut vir Wellington in die NPC in 1999 gemaak en in 2001 vir die Hurricanes. Hy het tussen 2001 en 2008 in geheel in 78 wedstryde vir die Hurricanes gespeel, waaronder die eindstryd van die 2006 Super 14-seisoen teen die Crusaders op Jade-stadion.

Nadat hy in 2001 sy buiging vir die All Blacks gemaak het, het Collins in 48 toetse gespeel en vyf drieë gedruk. In Junie 2006 was hy kaptein van die All Blacks in ’n eenmalige toets teen Argentinië waarin die All Blacks met 25– 19 gewen het in Buenos Aires. Collins het tydens hierdie geleentheid die 61ste kaptein van Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan geword. Hy is ook as kaptein benoem vir Nieu-Seeland se wedstryde teen Portugal en Roemenië gedurende die Rugbywêreldbeker 2007.

Collins het in Mei 2008 uit internasionale rugby getree. Kort daarna het hy in ’n rugbyligawedstryd in die Wellingtonkompetisie gespeel maar hy was onder ’n ander naam geregistreer, waarvoor die span ’n boete opgelê is.[1]

Ná Nieu-Seeland se uittog uit die Rugbywêreldbeker 2007 het Collins in Oktober in Devon vakansie gehou waar hy deur Kevin Squire, Barnstaple se hoofafrigter gewaar wat hom genooi het oor ’n naweek na ’n wedstryd te kom kyk. Tot die verbasing van die klub het Collins opgedaag, waarop hulle hom gevra het of hy sou omgee om ’n afrigtingsessie met die juniorspan te hou. Squire het na afloop hiervan gevra of daar enigiets is wat hy vir Collins kan doen, waarop Collins geantwoord het dat hy net eenvoudig rugby wil speel. Die volgende Saterdag het Collins vir die klub se tweede span uitgedraf teen Newton Abbott. ’n Paar weke later, in ’n wedstryd vir die Barbarians, het Collins met Barnstaple se kouse uitgedraf.

Nadat hy die Hurricanes verlaat het, het Collins in die 2008/’09-seisoen vir Toulon gespeel en hom by Sonny Bill Williams aangesluit in die klub se aggressiewe werwingsveldtog.[2] In Mei 2009 het hy ’n tweejaarkontrak met Ospreys in Swansea onderteken. Hy is vir die 2009/’10-seisoen as die Spelers se Speler aangewys.

Daarna het hy vir Yamaha Júbilo in die Topliga in Japan gespeel, waarby hy aan die begin van die 2011-seisoen aangesluit het. Hy het in 2013 vir die oud-All Black-span teen Fidji gespeel en 2014 sy stewels vir die jaar weggebêre.

In Januarie 2015 het Collins ’n kontrak met die Franse klub Racing Club Narbonne geteken waar hy hoofsaaklik gespeel het wanneer Rocky Elsom beseer was.

Remove ads

Persoonlike lewe

Collins was ’n neef van Tana Umaga, oud-All Black-kaptein en spanmaat by die Hurricanes.

In Maart 2013 is hy in ’n afdelingswinkel in Hamamatsu gearresteer nadat hy met ’n 17 cm lang mes gewaar is.[3][4] Vriende van hom het beweer dat hy die mes om selfverdedigingsredes by hom gedra het nadat hy met sy lewe gedreig is.[5][6] Sy toetse vir verbode middele was negatief. ’n Paar dae na die arrestasie het Collins gesê dat hy “verlig” was om gearresteer te word omdat hy vir sy lewe gevrees het.[7]

Afsterwe

Collins is op die oggend van 5 Junie 2015 oorlede nadat ’n bus met sy motor gebots het op die A9 autoroute naby Béziers in die suide van Frankryk. Sy vrou, Alana, is ook in die ongeluk oorlede terwyl sy twee maande oue babadogter Ayla in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Montpelliers geneem is.[8][9][10] Sy woon tans by haar ouma in Kanada.

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads