Jogurt

From Wikipedia, the free encyclopedia

Jogurt
Remove ads

Jogurt is 'n suiwelproduk wat van vars melk berei word. Melksuurbakterieë (sogenaamde jogurtkulture) word vir die fermentasieproses gebruik wat die melk verdik en suur laat word. Dit is die fermentasie van laktose na melksuur en die gepaardgaande vorming van sekere geurstowwe wat aan jogurt sy spesifieke geur, smaak en tekstuur gee.

Thumb
Jogurt

Jogurt word sowel in sy natuurlike ongegeurde toestand asook as versoete jogurt in verskillende geure, veral vrugtejogurt, bemark en is lankal 'n gewilde versnapering vir ontbyt.

Remove ads

Etimologie

Die woord jogurt is uit Turks ontleen waar yoğurt "gefermenteerde melk" beteken en sodoende ook na die metode verwys waarvolgens die suiwelproduk berei word.

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads