Johan Steyn

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Johan Steyn (1955 -) is die hoofleraar van AGS Kaleideo. Die gemeente is in Kemptonpark. Hy is alreeds dekades 'n leraar en word as een van die 'groot geeste' in die kerk beskou.

Opleiding

Johan het regte gaan studeer by RAU (nou UJ). Na voltooiing van sy graad het hy egter gevoel dat hy geroepe is vir 'n loopbaan as leraar. Hy skryf dus in by die AGS Teologiese Kollege en voltooi sy Diploma in Teologie.

Geskiedenis in die kerk

Johan word kort na sy ordening beroep as mede-leraar, na Kemptonpark gemeente. Na 'n tyd word hy die hoofleraar. Die gemeente verander sy naam na Immanuel en groei sterk in getalle onder sy leiding. 'n Nuwe kerk word ook gebou. Na 'n hele klompie jare in die gemeente aanvaar Johan 'n beroep na Windhoek in Namibië. Dis 'n tyd van groot uitdagings vir hom en sy gesin, maar hy kwyt hom goed van sy taak. Die gemeente se naam word ook verander na Immanuel Windhoek. Na 'n paar jaar word Johan beroep na Doxa Deo in Tswhane, as vaderfiguur vir die pastore in die Doxa streek. Na omtrent 2 jaar werk die situasie so uit dat hy die hoofleraar word van die AGS Kempton Noord. Die gemeente se naam word later verander na AGS Kaleideo. Johan se vorige gemeente Immanuel vra ook in hierdie tyd om deel te word van Kaleideo.

Remove ads

Ander rolle in die kerk

Johan is ook die voorsitter van die virtuele streek Familia Dei.

Bediening

Johan is 'n sterk leraar. Hy het ook 'n profetiese bediening.

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads