Kemerowo

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kemerowomap
Remove ads

Kemerowo (Russies: Ке́мерово) is ’n nywerheidstad in Rusland. Dit is aan die Tom-rivier geleë, oosnoordoos van Nowosibirsk, en is die administratiewe hoofstad van die Kemerowo-oblast in die groot steenkool-mynboustreek van die Koeznetsk-kom. Dit word aan Noord-Rusland verbind met die Transsiberiese Spoorlyn. Die inwonertal is 544 006 (2014-sensus).

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Kemerowo-oblast.
Kitsfeite Kemerowo Кемерово, Land ...
Remove ads

Geskiedenis

Kemerowo is ’n samesmelting van verskeie ouer Russiese nedersettings, soos Werchotomsk-ostrog (gestig in 1657), Sjtsjeglowo (1701), Jewsejewo, Krasni Jar en Borowaja. In 1721 is steenkool in die gebied ontdek en die eerste steenkoolmyne is in 1907 begin. Teen 1917 het die bevolking van Sjtsjeglowo reeds tot sowat 4 000 gegroei.

Die bou van ’n spoorlyn het bygedra tot die verdere ontwikkeling van die streek en in 1918 het Sjtsjeglowo stadstatus gekry. Dit word beskou as die stigtingsdatum van Kemerowo, destyds nog ’n klein dorpie, omdat dit toe deel van die Sjtsjeglowo-munisipaliteit geword het. In 1932 is Sjtsjeglowo herdoop tot Kemerowo en in 1943 het dit die hoofstad van die Kemerowo-oblast geword.

Remove ads

Beelde

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads