Klei

From Wikipedia, the free encyclopedia

Klei
Remove ads

Klei is 'n natuurlike materiaal wat uit uiters klein deeltjies bestaan. Dit is 'n verwerings- of erosieproduk wat as sediment deur water vervoer word. Materiaal wat fyner as 4 μm is, word gewoonlik deur boukundiges en grondspesialiste klei genoem. Kleimineraloë gebruik 2 μm as grens.

Thumb
Montmorilloniet, 'n kleimineraal, op kwarts

Klei bestaan gewoonlik uit kleiminerale. Hulle is gehidrateerde aluminiumsilikate wat soms ook ione van alkali- en aardalkalimetale en yster bevat.[1]

Remove ads

Vorming

Die meeste kleisoorte word gevorm deur verwering van graniet of veldspaat. Dit kan deur die aksie van gletsers gebeur of deur verwering deur reën en die atmosfeer. Dit is 'n stadige proses. Kleisoorte kan onderskei word in primêre en sekondêre klei.[2]

Primêre klei

Dit word ook oorblywende klei genoem, omdat dit klei is wat op die plek van die oorspronkelike rotse gevind word. Voorbeelde van primêre kleiminerale is kaolien en bentoniet. [2]

Sekundêre klei

Dit word ook sedimentêre klei genoem. Dit is klei wat vervoer is in riviere en dan soms baie ver van sy bron neergelê is. Hierdie meteriaal is nog sterker verweer as primêre klei en die deeltjies is kleiner.[2]

Remove ads

Kleitablette

Kleitablette en kleikeëls het 'n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van een van die vroegste skryfstelsels, die wigskrif van Mesopotamië. Omdat klei as dit gebak word, verhard tot baksteen, het heelparty dokumente behoue gebly toe aanvallers geboue afgebrand het waarin hulle bewaar is.

Minerale

Van die kleiminerale is:


Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads