Kompanjiestuin

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kompanjiestuinmap
Remove ads

Die Kompanjiestuin in die sentrum van Kaapstad is die oudste openbare tuin in Suid-Afrika. Dit is amptelik in 1652 deur Nederlandse setlaars gestig met die doel om voedsel te lewer, maar is 160 jaar gelede aan die publiek vir vrye besoek oopgestel. Bykomend tot die rusbanke onder die reuse bome, sluit die Kompanjiestuin se besienswaardige bates verskeie histories en botanies waardevolle bome, 'n roostuin, 'n kruietuin, 'n visdam, 'n voëlhok, en 'n teehuis in. Van historiese belang is die Dellville Wood-gedenktuin, wat die lewensverlies van duisende Suid-Afrikaanse soldate gedurende die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk herdenk. Die Kompanjiestuin is 'n gewilde oord waar opvoedkundige en kulturele gebeurtenisse gehou word en staan ook bekend as 'n bestemming waar troufoto's geneem word.

Besienswaardighede in die Kompanjiestuin
Thumb
'n Toneel in die Kompanjiestuin
'n Toneel in die Kompanjiestuin  
Thumb
'n Eekhoring in die Kompanjiestuin
'n Eekhoring in die Kompanjiestuin  
Thumb
Cecil John Rhodes se standbeeld in die Kompanjiestuin van Kaapstad
Cecil John Rhodes se standbeeld in die Kompanjiestuin van Kaapstad  
Thumb
Slaweklokkie in die Kompanjiestuin
Slaweklokkie in die Kompanjiestuin  
Remove ads

Sien ook

Regs langs die Kompanjiestuin:

Nabygeleë:

Bibliografie

  • Leverton, B.J.T.: The Company's gardens, Cape Town. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 33, nr. 2, April 1984

Eksterne skakels

33°55′38.67″S 18°25′0.03″O

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads