Krishna
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Krishna of Krisjna (Sanskrit: कृष्ण [ˈkr̩ʂɳə] , Gujarati: કૃષ્ણ. Kr̥ṣṇa, letterlik: "swart" of "blou") is 'n Hindoeïstiese godheid wat dikwels aanbid word as die agtste avatar van Vishnu. Vir sy volgelinge is hy die inkarnasie van die opperwese.
- Hierdie artikel handel oor die Hindoegod. Vir die rivier in Indië, sien Krisjna (rivier).

Die Hindoeïstiese heilige skrifte beskryf Krishna se gelaatskleur as vergelykbaar met 'n onweerswolk. Hy het dikwels 'n fluit, die bansuri, by hom en dra 'n pouveer in sy hare. Alhoewel hy nie geskiedkundig beskou word as iemand wat werklik geleef het nie, gaan Hindoes van die standpunt uit dat dit wel die geval is en ondersoek Hindoelogie getuienis vir sy bestaan.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Krishna.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
