KykNET NOU!
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
kykNET NOU! is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat gewilde musiekvideo's speel en leefstyl- en geselsprogramme vertoon. Die kanaal is deel van M-Net en word op MultiChoice se DStv-satelliettelevisiediens uitgesaai. Dit is op 13 Oktober 2012 op kanaal 146 geloods as kykNET Musiek. Dit het egter op 3 Augustus 2015 van naam verander na kykNET NOU![1] toe die programme aansienlik uitgebrei is en ook nie net meer Afrikaanse musiek gewys is nie.
In teenstelling met die Afrikaanse MK-kanaal, wat "rock"- en "urban"-musiek vir die jeugmark uitsaai, fokus kykNET NOU! musiekprogramme op die populêre musiekmark. Gewilde musieksterre soos Kurt Darren, Juanita du Plessis en Bobby van Jaarsveld is hierop te sien.[2]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads