Languedoc
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Languedoc ([lɑ̃ɡ(ə)dɔkˈ]; Oksitaans: Lengadòc [ˌleŋɡɔˈðɔ(k)] is 'n historiese Franse provinsie, geleë in die sentrale gedeelte van Suid-Frankryk tussen die Rhône-rivier, wat die grens met Provence vorm, en die Garonne (as grens met Gascogne). In die noorde het Languedoc tot die Cévennes-bergreeks en die Sentraalmassief as grens met Auvergne gestrek. Sy gebied behels groot dele van die huidige administratiewe gewes Oksitanië sowel as die département Ardèche en dele van die département Haute-Loire wat albei administratief aan die gewes Auvergne-Rhône-Alpes behoort. Languedoc se historiese hoofstad was Toulouse.

- Vir die gelyknamige nedersetting in die Wes-Kaap, sien gerus Languedoc, Wes-Kaap.
Die provinsie se naam verwys na die taal wat hier tradisioneel gebesig is, Oksitaans, afgelei van die Noord-Franse langue "taal" en die Oksitaanse woord vir "ja", oc. Langue d'Oc is 'n alternatiewe benaming vir Oksitaans.
Remove ads
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Languedoc.
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads