Maagdelikheid

From Wikipedia, the free encyclopedia

Maagdelikheid
Remove ads

Maagdelikheid is die toestand van ’n persoon wat nog nooit geslagsgemeenskap/seks gehad het nie.[1][2] Daar is kultuur- en godsdienstradisies wat spesiale waarde en betekenis heg aan hierdie toestand, veral wat ongetroude vroue betref. Dit word verbind met idees van reinheid, eer en waarde.

Thumb
Jeug, deur die Franse skilder William-Adolphe Bouguereau. Wit word tradisioneel verbind met rituele reinheid, onskuld en maagdelikheid.

Nes kuisheid, het die begrip maagdelikheid tradisioneel seksuele onthouding behels. Die begrip betrek gewoonlik morele en godsdienskwessies en kan gevolge hê in terme van sosiale status en in interpersoonlike verhoudings.[3][4] Hoewel maagdelikheid in die verlede in sommige gemeenskappe sosiale en regsimplikasies gehad het, is dit gewoonlik nie meer so nie.

Die term "maagd" het aanvanklik net na seksueel onervare vroue verwys, maar sluit vandag verskeie definisies in, soos aangetref in tradisionele, moderne en etiese begrippe.[3][5][6]Soms beskou heteroseksuele mense die verlies van maagdelikheid net as ’n gevolg van penis-vaginale penetrasie,[3][6][7][8] terwyl mense van ander seksuele oriëntasies dikwels orale seks, anale seks of wedersydse masturbasie in hulle definisies insluit.[3][9][10]

Die sosiale implikasies van maagdelikheid kom steeds in sommige moderne gemeenskappe voor en kan wisselende gevolge vir ’n persoon inhou na gelang van die kultuur.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads