Maria

Mary of Nazareth, revered in Christianity and Islam as the Mother of Jesus the Christ From Wikipedia, the free encyclopedia

Maria
Remove ads

Maria (Grieks: Μαριαμ, Mariam; Aramees en Hebreeus: מרים, Miriam; gebore 1ste eeu v.C., oorlede 1ste eeu n.C.) is volgens die Nuwe Testament die moeder van Jesus van Nasaret. Volgens Markus 1,9 het sy as gelowige Israeliet met haar man Josef en ander familielede in Nasaret, 'n klein dorp in Galilea geleef.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Kitsfeite Geseënde Maagd Maria, Maagd Maria ...

In die Evangelie volgens Matteus 1,23[3] en die Evangelie volgens Lukas 1,27[4] deur die Heilige Gees bevrug is. In die vierde eeu is die geloof in 'n letterlike maagdelike swangerskap van Maria verder uitgebrei om maagdskap ook tydens die geboorte in te sluit. Die Rooms-Katolieke en die Oosters-Ortodokse Kerke het 'n dogma van ewige maagdskap rondom dié teksvers ontwikkel, alhoewel Jesus van Nasaret volgens die Nuwe Testament susters en broers gehad het.

Verskeie gebeurtenisse van haar lewe word tydens Christelike feeste herdenk:

  • Onbevlekte Ontvangenis van Maria, die onbevlekte ontvangenis van Maria sonder enige erfsonde deur haar ouers; gehou op 8 Desember.
  • Mariageboorte, die Maagd Maria se geboortedag; gehou op 8 September.
  • Mariaboodskap, die boodskap dat Maria die moeder van Jesus Christus, die Messias, sal word; gehou op 25 Maart.
  • Marialigmis, die aanbieding van Jesus by die Joodse Tempel in Jerusalem en sy opname in die Joodse gemeenskap; gehou op 2/15 Februarie.
  • Mariahemelvaart, die ontslaping en opname van Maria se liggaam en siel in die hemel; gehou op 15 Augustus.
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads