Maatband

buigsame liniaal wat gebruik word om grootte of afstand te meet From Wikipedia, the free encyclopedia

Maatband
Remove ads

'n Maatband is 'n tipe liniaal wat slap en buigbaar is en dus lengtegewys opgerol kan word, of rondom voorwerpe gespan kan word om gekromde lengtes te meet. Na gelang van hul gebruik word maatbande uit verskillende materiale vervaardig. Gewoonlik is maatbande wat vir kleremaak gebruik word plat en van sagte plastiek gemaak, wat hulle in staat stel om uiters buigsaam te wees. Maatbande wat van metaal gemaak word is dikwels breedtegewys gerond, sodat daar 'n rigting is waarin hulle nie maklik kan oprol nie. Dit stel hulle in staat om oor lang afstande te strek sonder om inmekaar te vou, wat die meting van hoë of moeilik bereikbare plekke vergemaklik. Sulke metaal maatbande word gewoonlik in 'n klein houertjie gehuisves wat van 'n veer of ander opwenmeganisme voorsien is en waarmee die band outomaties opgerol word nadat hy uitgetrek is.

Thumb
Plastiek maatband
Thumb
Metaal maatband wat self kan oprol
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads