Maleiers

From Wikipedia, the free encyclopedia

Maleiers
Remove ads

Die Maleiers (Maleis: Melayu, Jawi: ملايو) is 'n etniese groep van Austronesiese mense in Suidoos-Asië wat oorwegend in die Maleise Skiereiland, die oostelike Sumatra en die kus van Borneo woon, asook al die kleiner eilande van die Maleise argipel – gebiede wat gesamentlik as die Maleise wêreld bekend staan. Hierdie plekke is vandag deel van die moderne nasies van Maleisië, Indonesië, Singapoer, Broenei en die suide van Thailand. Daarbenewens leef Maleiers veral in Suid-Afrika (Kaapse Maleiers), Sri Lanka, Australië, die Verenigde Koninkryk en Mianmar.

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die etniese groep in Suid-Afrika, sien Kaapse Maleiers en vir die taal, sien Maleis.
Kitsfeite MaleiersMelayu ملايو, Totale bevolking: ...
Thumb
'n Maleise huwelik in Singapoer

Maleiers gebruik oorwegend die Austronesiese tale Maleis en Indonesies en is verwant aan etniese groepe soos die Balinese, Javane, Madurese en die Soendanese. Hulle is aanhangers van die Soennitiese Islam.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads