Manneërs

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Manneërs van Mannea (Akkadies: Mannai, moontlik die Bybelse Minni) was ’n antieke volk wat tussen omstreeks die 10de en 7de eeu v.C. in die hedendaagse Noordwes-Iran suid van die Urmiameer gewoon het. Hulle was toe bure van die ryke Assirië en Urartu saam met ander bufferstate tussen die twee lande.

In Jeremia 51:27 word die Manneërs die "Minni" genoem. In die Joodse Ensiklopedie (1906) word Minni verbind met Armenië,[1][2] maar dit kan verwys na een van die provinsies van antieke Armenië; Minni, Ararat en Ashkenaz.[3][4]

Volgens ’n ondersoek van die plek- en persoonlike name in Assiriese en Urartiese geskrifte, het die Manneërs, of minstens hul heersers, Horities gepraat – ’n nie-Semitiese en nie-Indo-Europese taal verwant aan Urarties.[5]

Remove ads

Ligging

In opgrawings wat in 1956 begin is, is die ommuurde stad Hasanlu ontdek wat eens as ’n moontlikheid vir die terrein van Mannea beskou is. Meer onlangs is die terrein van Qalaichi verbind met die Manneërs na aanleiding van steles met dié naam wat daar gevind is.

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads