Menachem Begin

From Wikipedia, the free encyclopedia

Menachem Begin
Remove ads

Menachem Begin (Hebreeus: מְנַחֵם בֵּגִין), gebore as Mieczysław Biegun, (16 Augustus 1913 in Brest (Russiese Ryk) – 9 Maart 1992 in Tel Aviv) was 'n Israeliese politikus.

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...

Begin was 'n korporaal in die Poolse weermag tydens die begin van die Tweede Wêreldoorlog. In 1942 het hy na die Britse mandaat van Palestina geëmigreer en in 1943 het hy die leier van die Joodse paramilitêre organisasie Irgoen geword.

Hy was die stigter van die liberale Likoed-party. Van 1977 tot 1983 was hy die sesde premier van Israel gewees.

In 1979 het hy ’n vredesooreenkoms met president Anwar Sadat van Egipte gesluit wat as die Camp David-ooreenkoms bekend is.[1] Beide Sadat en Begin het in 1978 die Nobelprys vir Vrede vir hierdie verhandelinge ontvang.[2]

Begin het daarbenewens tydelik die poste van minister van Buitelandse Sake, Justisie, Landbou en Verdediging beklee.

Hy is in 1992 aan 'n hartaanval oorlede en is op die Olyfberg begrawe.[3]

Sy seun Benny Begin (1943) is ook 'n politikus en vir die Likoed-party 'n lid van die Knesset gewees.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads