Online Mendelian Inheritance in Man

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Online Mendelian Inheritance in Man (OMIM) is ’n databasis wat al die bekende siektes met ’n genetiese komponent lys en hulle, waar moontlik, verbind met die relevante gene in die menslike genoom. Dit verskaf ook verwysings vir verdere navorsing en instrumente vir genoom-ontleding van ’n geen in die katalogus.[1]

OMIM is een van die databasisse in die Amerikaanse National Center for Biotechnology Information (NCBI).[2] Dit is deel van ’n groter databasis met die naam Entrez, wat inligting verskaf oor gene, chromosoomligging en DNS- en proteïensekwensies.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads