Kleinbyvreter

From Wikipedia, the free encyclopedia

Kleinbyvreter
Remove ads

Die kleinbyvreter (Merops pusillus) is 'n algemene standvoël.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Identifikasie

Die voëltjie word aan sy klein, slanke grootte en helder kleure, nl. 'n geel keel, oranjebruin onderkant en feitlik reghoekige stert uitgeken. Die koppie en vlerke is groen en bruin met 'n swart bek. Die swart kraag ontbreek by die jonges en hulle onderkante is liggroen. Dit is die kleinste byvreter, ongeveer 15–17 cm lank. Beide geslagte lyk eenders. Hulle broei hoofsaaklik in sandwalle naby water, maar soms ook in die openinge van erdvarkgate. Die wyfie lê gewoonlik 6-8 ronde wit eiers waarop albei geslagte om die beurt broei.

Remove ads

Habitat

Hulle hou in pare of swerms naby groot riviere of by oop kolle in boomveld of bosveld. Hulle sit meestal saam op 'n lae tak of draadheining vanwaar hulle jagvlugte uitvoer. Vreet hoofsaaklik insekte, veral bye en perdebye, en raak ontslae van die angel deur die insek herhaaldelik teen 'n harde oppervlakte te slaan.

Verspreiding

Kom meestal voor in Afrika suid van die Sahara. Migrasie is beperk tot seisoenale reënvalpatrone.

Geluid

Uiter 'n rustige "tjip,tjip trriee-trriee-trriee".

Ander name

  • Engelse naam: "Little Bee-eater"

Sien ook

Bronnelys

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads