Microdesmidae

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Dikkoppe en Wurmvisse (Microdesmidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die familie bestaan uit twee sub-families:

  • Microdesminae
  • Ptereleotrinae

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera en spesies ...
Remove ads

Sub-familie: Microdesminae

Kenmerke

Die sub-familie staan bekend as die wurmvisse en bestaan uit vyf genera en dertig spesies wat in tropiese en subtropiese water van al die oseane van die wêreld voorkom.

Sub-familie: Ptereleotrinae

Kenmerke

Die subfamilie bestaan uit vyf genera en vier en veertig spesies. Twee van die genera en ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Die grootte wissel van 3 – 12 cm. Die sub-familie is lank en effens plat en was voorheen geklassifiseer onder die familie Gobiidae.

Habitat

Die vis leef in getypoele en sanderige bodems naby riwwe en eet soöplankton.

Genera

Die volgende genera en spesies kom voor aan die Suid-Afrikaanse kus:

  • Nemateleotris
  • Ptereleotris
Remove ads

Sien ook

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads