Swartwou

From Wikipedia, the free encyclopedia

Swartwou
Remove ads

Die swartwou (Milvus migrans) is 'n gelokaliseerde Palearktiese-broeier en somerbesoeker gedurende Oktober tot Maart. Hulle leef in 'n groot verskeidenheid habitats wat wissel van woudrande tot halfwoestyn. In Engels staan die voël bekend as die black kite.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Voorkoms

Die voël is 51 tot 60 cm groot en weeg 650 tot 920 gram. Hulle is effens groter as die geelbekwou. Die kop is ligter grys, met 'n swart snawel, liggeel oë en 'n vlakker mikstert. Die jong voëls het 'n donkerder bruin gesig as die volwassenes met ligte strepe op die nek en bors. Die veerrande op die rug is dofgeel en die oë bruinerig.

Die voëls leef in swerms en meng dikwels met geelbekwoue. Hulle word gereeld gesien wanneer die termiete verskyn.

Remove ads

Subspesies

  • Milvus migrans migrans
  • Milvus migrans lineatus
  • Milvus migrans govinda
  • Milvus migrans affinis
  • Milvus migrans formosanus
Thumb
Indiese Swartwou – Milvus migrans govinda.
Thumb
Milvus migrans

Sien ook

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads