Muntjak

genus takbokke From Wikipedia, the free encyclopedia

Muntjak
Remove ads

Die muntjak of moentjak is ’n klein hertsoort van die genus Muntiacus. Hulle is die oudste soort takbokke en het vermoedelik 15 miljoen tot 35 miljoen jaar gelede in die Mioseen hul verskyning gemaak. Fossiele is in Frankryk, Duitsland[1] en Pole[2] ontdek. Die genus is deel van die tribus Muntiacini (muntjakherte).

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Beskrywing

Thumb
’n Indiese muntjakram met sy gewei.

Die moderne spesie is inheems aan Suid-Asië en word aangetref in Sri Lanka, Suid-China, Taiwan, Japan, Indië en Indonesië, asook in die laer dele van die Himalaja en in Birma. Omdat hulle in tropiese dele voorkom, het hulle nie ’n seisoenale paartyd nie. Ook in streke waarheen hulle ingevoer is, paar hulle deur die jaar.

Ramme het kort gewei (horings) wat weer teruggroei, maar hulle is geneig om hul gebied met hul slagtande te verdedig. Die verlengde tande sit aan die bokake en steek by die mond uit.

Muntjaks is van groot belang in evolusiestudies vanweë hul drastiese chromosoom-variasies en die onlangse ontdekking van nuwe spesies. Die Indiese muntjak (M. muntjak) is die soogdier met die laagste bekende chromosoomgetal: die ramme het ’n diploïede getal van 7 en die ooie het net 6 chromosome. Die Reeves-muntjak (M. reevesi) het in vergelyking hiermee ’n diploïede getal van 46 chromosome.[3]

Die genus Muntiacus het 12 erkende spesies:

  • Indiese of gewone muntjak, M. muntjak
  • Reeves- of Sjinese muntjak, M. reevesi
  • Swart muntjak, M. crinifrons
  • Fea-muntjak, M. feae
  • Borneaanse geelmuntjak, M. atherodes
  • Roosevelt-muntjak, M. rooseveltorum
  • Gongshan-muntjak, M. gongshanensis
  • Reusemuntjak, M. vuquangensis
  • Truong Son-muntjak, M. truongsonensis
  • Blaarmuntjak, M. putaoensis
  • Sumatraanse muntjak, M. montanus
  • Pu Hoat-muntjak, M. puhoatensis
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads