Mount Rushmore

From Wikipedia, the free encyclopedia

Mount Rushmoremap
Remove ads

Die Mount Rushmore monument is vier beelde van die gesigte van presidente George Washington, Thomas Jefferson, Theodore Roosevelt en Abraham Lincoln wat in die Harneyberg in die Black Hills uitgekerf is. Die Harneyberg is in 'n reservaat in die Black Hills District in die deelstaat Suid-Dakota.

Thumb
Uitgekerfde beelde
Thumb
Ingang na die perseel
Thumb
Air Force One vlieg oor Mount Rushmore

Magtiging is in 1925 deur die Amerikaanse Kongres verleen om die monument te bou. Die werk is uitgevoer onder die toesig van Gutzon Borglum en daar is in 1927 met die projek begin. Borglum het ook die monument ontwerp. Die vier beelde, elk 18 meter groot, is tussen 1934 en 1939 onthul. Die beelde is uit die granietrots gekerf met lugdrukbore. Die werk is tydelik gestaak toe Borglum in Maart 1941 oorlede is, maar sy seun Lincoln het die projek oorgeneem en die beelde is steeds dieselfde jaar voltooi.

Remove ads

Bron

  • Collier's Encyclopedia. Vol 16. Bladsy 673.

Eksterne skakels

43°52′44.324″N 103°27′35.384″W

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads