Neckar

From Wikipedia, the free encyclopedia

Neckarmap
Remove ads

Die Neckar is 'n rivier in Baden-Württemberg en Hesse in Duitsland. Die rivier ontstaan in die natuurbeskermingsgebied "Schwenninger Moos" by Villingen-Schwenningen en die monding is na 367 km by Mannheim in die Ryn. Van Mannheim tot by Plochingen is die rivier deur skepe bevaarbaar, en is naas die Ryn- en die Mainriviere die enigste landwaterweg (Bundeswasserstraße) in Baden-Württemberg. Daar is hawens by Mannheim, Heilbronn, Stuttgart en Plochingen. Die rivier se opvangsgebied is ongeveer 14 000 km².

Kitsfeite Koördinate: 49°30′43″N 8°26′14″O ...
Remove ads

Sytakke van die Neckar

  • Regterkantse invloei:
    • Starzel
    • Steinlach
    • Echaz
    • Erms
    • Lauter
    • Fils
    • Rems
    • Murr
    • Kocher
    • Jagst
    • Elz
  • Linkerkantse invloei:
    • Glatt
    • Aich
    • Enz
    • Elsenz

Stede langs die Neckar

Van die bron tot die monding:

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads