Neris

Rivier in Litaue en Belo-Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia

Neris
Remove ads

Die Neris (Belarussies: Ві́лія of Вя́льля, Vialla; Pools: Wilia) is 'n Noordoos-Europese rivier met 'n lengte van 510 kilometer wat in Belarus ontspring, deur die Litause hoofstad Vilnius en Jonava vloei en in Kaunas in die Nemunas (Duits: Memel) uitmond.

Kitsfeite

Die Neris vloei oor 'n afstand van 275 kilometer deur Belarus, waar dit Vilija genoem word, en 235 kilometer deur Litaue waar dit Neris genoem word.

Die rivier verbind twee historiese hoofstede van Litaue met mekaar - Kernavė en Vilnius. Langs sy oewers is in die voor-Christelike tydperk talle begraafplase aangelê. Die ou grafheuwels van Karmazinai is sowat 25 kilometer van Vilnius af geleë.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads