Netboek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die term netboek verwys na 'n kategorie ligte en kompakte skootrekenaars wat ontwerp is om hoofsaaklik as internet-kliënte te dien. Hulle verwerkingskrag en geheue is dan meestal ook beperk in vergelyking met groter skootrekenaars, en DVD- of CD-lesers kan vanweë hul klein afmetings nie ingebou word nie, maar lae verkooppryse het van netboeke gewilde basiese intreeklas-draagbare rekenaars gemaak.

Die eerste reeks netboeke, wat onder hierdie vakterm bemark is, is in 2007 deur die Nasionaal-Chinese vervaardiger Asus as Asus Eee PC op internasionale markte ingevoer. Intussen het tabletrekenaars en ultraboeke wesenlike mededingers geword.
Remove ads
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads