Newarivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Newarivier
Remove ads

Die Newarivier (Russies: Нева́) is ’n rivier in Noordwes-Rusland wat van die Ladogameer deur die westelike deel van Leningrad-oblast en die stad Sint Petersburg na die Golf van Finland vloei. Hoewel dit nie baie lank is nie, is dit die derde grootste rivier in Europa in terme van sy gemiddelde uitmonding (naas die Wolga en die Donau).

Kitsfeite Newa (Нева́) ...
Remove ads

Geografie

Die Newa is 74 km lank.[1] Altesaam 28 km hiervan is binne die stadsgrense van Sint Petersburg en die res is in die Leningrad-oblast. Dit vloei suidwes van die Ladogameer, bereik sy mees suidelike punt naby sy samevloeiing met die Tosnarivier en draai dan noordwes en vloei uit in die Golf van Finland. Die rivier se gemiddelde breedte is 400-600 meter en die gemiddelde diepte 8-11 meter. Die Newastroomgebied sluit in die Ladoga en die Onegameer, die twee grootste mere in Europa.

Van Desember tot vroeg in April vries die rivier en is dit nie vaarbaar nie.[1]

Newadelta

Die eilande in die historiese deel van Sint Petersburg in die Newadelta word gevorm deur natuurlike sytakke sowel as mensgemaakte kanale. Die belangrikste sytakke is:

Die belangrikste eilande is:

Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Oest-Izjora, waar die Slag van die Newa na bewering in 1240 plaasgevind het.

In die Middeleeue was die breë Newa ’n belangrike verbinding tussen die Oossee en die Wolgarivierroetes na die Ooste. Dis by die samevloeiing van die Newa en die Izjorarivier waar die bekende maar swak gedokumenteerde Slag van die Newa (1240) tussen die Swede en die Russe plaasgevind het. Aleksander Jaroslawitsj, prins van Nowgorod, het die geveg gewen en daarna die titel "Nefski" (van die Newa) aangeneem.

In die 16de eeu was die Sweedse fort Nyen aan die Newa geleë. Pieter die Grote het dit verwoes en die Fort van Petrus en Paulus in 1703 daar gebou. Die fort, wat op die Zajatsji-eiland geleë is, word beskou as die eerste gebou in Sint Petersburg.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakel

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads