Nimf

From Wikipedia, the free encyclopedia

Nimf
Remove ads

’n Nimf is in die Griekse mitologie ’n vroulike gees wat gewoonlik met ’n sekere plek of voorwerp verbind word, soos riviere, bome, fonteine en berge. Ander nimfe, altyd in die vorm van jong, hubare meisies, was deel van die gevolg van ’n god of godin soos Dionusos, Hermes, Pan of Artemis. Nimfe was dikwels die teiken van saters.

Thumb
’n Negentiende-eeuse uitbeelding van Hylas en die nimfe, deur John William Waterhouse.
Remove ads

Nimfe in moderne Griekse folklore

Nimfe is gewoonlik vroulik, in wit geklee en met blomme versier. Hulle het egter dikwels onnatuurlike bene, soos dié van ’n bok, donkie of koei. Hulle kan vinnig en onsigbaar beweeg, deur die lug ry en deur klein gaatjies glip. Hoewel hulle nie onsterflik is nie, lewe hulle ’n paar keer so lank as mense en behou hulle hulle skoonheid totdat hulle sterf.

Hulle kom dikwels voor in gebiede ver van mense, maar mans wat alleen reis, kan hulle buite dorpe raakloop, waar hulle musiek gehoor kan word, of hulle afloer waar hulle dans of in ’n stroom of rivier bad. Hulle kan ook in ’n warrelwind voorkom; dit is gevaarlik en kan lei tot waansin, stomheid of dolle verliefdheid.

Remove ads

Moderne seksuele konnotasies

Vanweë die uitbeelding van mitologiese nimfe as vroue wat heeltemal buite mans se beheer is en met mans of vroue seks het, word die term dikwels gebruik as vroue oënskynlik dié eienskappe het. Die term nimfomanie is in die moderne sielkunde geskep vir vroue wat "mansiek" is en meer dikwels seks wil hê as wat normaal is. Weens die negatiewe konnotasie van die woord word die term "hiperseksualiteit", wat na mans en vroue kan verwys, deesdae verkies.

Remove ads

Indeling

Thumb
Die Kop van ’n Nimf, deur Sophie Anderson.

Daar is geen amptelike klassifikasie van nimfe nie, en die volgende indeling is slegs bedoel as ’n gids:

Thumb
Die Waternimf, deur Herbert James Draper.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads