Noet
Egiptiese godin From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Noet was in die Egiptiese mitologie die godin van die lug en ’n lid van die eerste gode van Heliopolis, die Ennead. Sy is dikwels uitgebeeld as ’n naakte vrou wat geboë oor die aarde staan,[1] met ’n ster of as ’n koei.
Remove ads
Rol
Noet was die dogter van Sjoe en Tefnoet. Haar broer, Geb, was ook haar metgesel. Hulle het vier kinders gehad: Osiris, Isis, Set, Nephthys. ’n Heilige simbool van Noet was ’n leer, wat deur Osiris gebruik is om haar hemelse lug binne te gaan.
Omdat sy Osiris help red het, is Noet beskou as die vriendin en beskermer van al die dooies. Daar is geglo sy het hulle in haar stergevulde lug opgetrek en vir hulle kos en wyn gegee.[2] Die songod, Ra, het volgens sommige mites snags deur haar liggaan gereis en is soggens herbore.[3]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
