Norium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Norium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Laat Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 228 tot 208,5 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Karnium en gevolg deur die Rhaetium.
Remove ads
Naam en definisie
Die Norium is genoem na ’n ou Romeinse provinsie, Noricum, suid van die Donou in die huidige Oostenryk, waar die tipeligging ook voorkom.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Klamathites macrolobatus en Stikinoceras kerri en van die Conodonta Metapolygnathus communisti en Metapolygnathus primitius. Die bokant van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammoniete Cochlocera, die Conodonta Misikella spp. en Epigondolella mosheri en die straaldiertjie Proparvicingula moniliformis.
Remove ads
Verwysings
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads