Norn

From Wikipedia, the free encyclopedia

Norn
Remove ads

Norn is 'n uitgestorwe Noord-Germaanse of Skandinawiese taal wat op die Shetland- en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland van Skotland gepraat is. Nadat die eilande in die vyftiende eeu deur Noorweë aan Skotland teruggegee is, is die gebruik van die taal deur die regering en die Kerk van Skotland (die nasionale kerk) ontmoedig en is dit deur Skots vervang.

 

Kitsfeite Amptelike status, Taalbedreigingstatus ...

Dit is onseker presies wanneer Norn uitgesterf het. Die laaste rekords oor Nornsprekers dateer uit die negentiende eeu, maar dit is moontlik dat die taal reeds in die agtiende eeu uitgesterf het. Brokstukke van die taal en leenwoorde is in die Skotse taal aangeneem en bly tot vandag deel van die spreektaal.

Dialekte van Norn is ook op die vasteland van Skotland gepraat – byvoorbeeld in Caithness – maar dié het uitgesterf self voordat Norn op die Orkney-eilande en Shetland-eilande verdwyn het. Sommige akademici verwys dus ook na "Caithness Norn", maar ander stem nie saam nie. Daar is veel minder oor "Caithness Norn" bekend as oor die Orkney-eilande en Shetland-eilande se taalvariëteite. Baie min geskrifte in Norn bestaan vandag. Geskrifte wat wel nog bestaan sluit in 'n weergawe van die Onse Vader, ballades, amptelike dokumente en verskeie rune-inskrifte.

Remove ads

Bibliografie

  • Barnes, Michael P. "Orkney and Shetland Norn". In Language in the British Isles, ed. Peter Trudgill, 352-66. Cambridge: Cambridge University Press, 1984.
  • Barnes, Michael P. The Norn Language of Orkney & Shetland. Lerwick: Shetland Times 1998. ISBN 1-898852-29-4
  • Jakobsen, Jakob. An Etymological Dictionary of the Norn Language in Shetland. 2 vols. London/Copenhagen: David Nutt/Vilhelm Prior, 1928-32 (reprinted 1985).
  • Low, George. A Tour through the Islands of Orkney and Schetland. Kirkwall: William Peace, 1879.
  • Marwick, Hugh. The Orkney Norn. London: Oxford University Press, 1929.
  • Rendboe, Laurits. "The Lord's Prayer in Orkney and Shetland Norn 1-2". North-Western European Language Evolution 14 (1989): 77-112 and 15 (1990): 49-111.
  • Wallace, James. An Account of the Islands of Orkney. London: Jacob Tonson, 1700.
Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads