Gewone tarentaal
voëlspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die gewone tarentaal (Numida meleagris) is die bekendste van die tarentaalfamilie, Numididae. Dit is 'n waaksame voël wat in troppe rondloop en goed kan vlieg, maar hulle sal eerder weghardloop as om weg te vlieg.
Remove ads
Verspreiding


Die tarentaal is 'n algemene jagvoël en kom wydverspreid in Afrika suid van die Sahara en Suid-Afrika voor. Hulle word tussen digte bosse vanaf die Oos-Kaap noordwaarts aangetref. 'n Verwante spesie, die kuifkoptarentaal, is 'n tropiese bewoner van KwaZulu-Natal en die Krugerwildtuin. Daar is ook populasies in die Wes-Indies en die suide van beide Frankryk en Engeland.
Tarentaalvleis is ook nou vrylik beskikbaar in Britse supermarkte en word deur Gressingham Foods versprei. Die tarentale wat nou kommersieel verkrygbaar is, word grotendeels in Engeland geteel.
Remove ads
Voorkoms
Die amper kaal nek en plomp, wit-gespikkelde lyf op swart-grys vere is goed bekend in Suid-Afrika. Dit is 'n groot (60–68 cm) voël met 'n ronde liggaam en 'n klein kop.
Dieet
Ander name
Van die streeksname vir die voël sluit in: bankrotvoël, kewerkonstabel, bylkop, poelpetaat, droëkopvoël en belhoender.[1]
- Afrikaanse naam: Tarentaal
- Wetenskaplike naam: Numida meleagris
- Engelse naam: Helmeted guineafowl
- Nederlandse naam: Parelhoen
- Portugese naam: Galinha-d'angola
Sien ook
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads