Oder

From Wikipedia, the free encyclopedia

Oder
Remove ads

Die Oder (Nieu-Latyns Viadrus; Pools, Tsjeggies en Neder-Sorbies Odra, Opper-Sorbies Wódra) is 'n Middel-Europese rivier wat in Tsjeggië ontspring, deur Pole vloei en sedert 1945 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog die grens tussen dié land en Duitsland vorm. Dit mond deur die Szczecin-strandmeer en rondom die eilande Usedom en Wolin in die Oossee uit. Die rivier het 'n lengte van 854 kilometer (898 kilometer tot by Świnoujście, vroeër Swinemünde).

Kitsfeite

Die belangrikste syriviere sluit in die Lausitzer Neiße en die Warthe. Saam met die laasgenoemde syrivier het die rivierstelsel 'n totale lengte van 1 045 kilometer. Die gemiddelde afloop van 574 m³/s maak van die Oder die vyfde grootste rivier in Duitsland ná die Ryn, Donau, Inn en Elbe. Die Oder se stroomgebied word in die weste en suidweste deur die Elbe, in die ooste deur die Wisła (Weichsel) en in die suide deur die Donau begrens.

Die rivier speel 'n belangrike ekonomiese rol as natuurlike waterweg wat die Duitse deelstaat Brandenburg met die Oossee verbind.[1]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads