Opioïed
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Opioïede is middels wat ’n soortgelyke uitwerking as morfien het wanneer dit die opioïedreseptore, reseptore op die seloppervlak, bereik.[1] Medies word hulle hoofsaaklik gebruik as pynstiller, insluitende narkose.[2] Ander mediese gebruike sluit in behandeling van diarree en ’n opioïed-oordosis, om hoes te onderdruk[2] en vir teregstellings in Amerika. Baie sterk opioïede word slegs vir veeartsenydoeleindes goedgekeur.[3][4][5]
Opioïede word dikwels as dwelmmiddel gebruik vanweë die euforiese uitwerking daarvan of om onttrekkingsimptome te voorkom.[6]
Remove ads
Newe-effekte
Newe-effekte van opioïede sluit in jeukerigheid, verdowing, naarheid, hardlywigheid en euforie. Gebruik op lang termyn kan toleransie veroorsaak, wat beteken al hoe groter dosisse van die middel moet ingeneem word om dieselfde uitwerking te verkry, asook fisieke afhanklikheid, wat beteken die skielike staking van die gebruik kan onaangename onttrekkingsimptome veroorsaak.[7]
’n Oordosis of langdurige gebruik saam met ander depressante soos bensodiasepiene lei dikwels tot die dood weens die onderdrukking van die asemhalingstelsel.[8]
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads