PAIGC

From Wikipedia, the free encyclopedia

PAIGC
Remove ads

Afrika Party vir die Onafhanklikheid van Guinee en Kaap Verde (Portugees: Partido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) was 'n versetbeweging en is 'n politieke party in Guinee-Bissau en tot 1981 in Kaap Verde.

Thumb
Vlag van PAIGC

Die party is in 1956 gestig om 'n weerstandsbeweging te lei wat na onafhanklikheid van Guinee-Bissau en Kaap Verde gestreef het. Die belangrikste stigter was Amílcar Cabral, landbou-ingenieur, skrywer en politikus, wat die PAIGC tot 'n formidabele guerrilla-beweging opgebou het en wat ook 'n leidende rol gespeel het in die stryd om onafhanklikheid van die Portugese kolonies in Afrika.[1]

Na Guinee-Bissau se onafhanklikheid in 1973 (deur Portugal in 1974 erken), en Kaap Verde se onafhanklikheid in 1975, was die party 'n marxistiese-leninistiese eenheidsparty. Tot voor die die staatsgreeppoging teen die president van Guinee-Bissau Luis Cabral in 1980, het die PAIGC gestreef na 'n unie tussen Guinee-Bissau en Kaap Verde. Daarna is staatkundige en partybande tussen die twee lande verbreek.

Die PAIGC-tak in die Kaap Verde het in 1981 sy naam verander na PAICV (Afrika Onafhanklikheidsparty van Kaap Verde).

Remove ads

Sekretarisse-generaal / voorsitters van die PAIGC

  • Thumb
    Kontrolepunt wat in 1974 deur PAIGC in Guinee-Bissau opgestel is, na die verklaring van onafhanklikheid.
    Amílcar Cabral - 1956-1973
  • Aristides Pereira - 1973-1977
  • Luís Cabral - 1977-1980
  • João Bernardo Vieira, sekretaris-generaal (November 1981), president (Oktober 1986)
  • Francisco Benante, president (September 1999)
  • Carlos Gomes Júnior (Cadogo Jr.), president (Februarie 2002)

Verwysings

Eksterne skakel

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads