Pavia

munisipaliteit in die Italiaanse From Wikipedia, the free encyclopedia

Paviamap
Remove ads

Pavia is 'n stad in Italië in die streek Lombardye 25 km suidelik van die stad Milaan aan die Ticinorivier. Dit is ook die hoofstad van die provinsie Pavia.

Kitsfeite Land, Provinsies ...

In die tyd van die Romeinse Ryk heet die stad, nes die rivier, Ticinum. Dit is later die hoofstad van die koninkryk van die Langobarde en is bekend as Papia. In die 14de eeu word daar 'n universiteit gestig en die katedraal stam ook uit hierdie tyd.

Teenswoordig is Pavia 'n nywerheidstad met voedingsmiddele, chemie en tekstiel. In die omgewing word wyn verbou. Die Certosa di Pavia is 'n kartuiserklooster wat op 8km afstand lê en bekend is vir sy laatromaanse en gotiese boukuns.

Remove ads

Bekende persone wat hier gebore is

  • Pous Johannes XIV (?-984), gebore als Petrus Canepanova
  • Girolamo Cardano (1501-1576), wetenskaplike
  • Filippo de Filippi (1814-1867), soöloog
  • Luigi Cremona (1830-1903), wiskundige
  • Felice Casorati (1835-1890), wiskundige
  • Bruno Giorgi (1940-2010), voetballer en afrigter
  • Giovanni Lombardi (1969), wielrenner

Bekende persone wat hier oorlede is

  • Boëthius (480-526), skrywer
  • Dirk van Holland (?-1197), biskop
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads