Pieter Howes

Suid-Afrikaanse joernalis, politieke kommentator, en akteur From Wikipedia, the free encyclopedia

Pieter Howes
Remove ads

Pieter Bosch Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur en draaiboekskrywer.[1][2] In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...

Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die oogmerk om die rasseskeiding te oorbrug.[3] Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter gehad en was 'n bydraer tot die Amerikaanse webwerf Inquisitr.[1]

Remove ads

Vroeë lewe

Pieter Bosch Botha is op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Transvaal, gebore, die seun van At Botha en Annalise Bosch, albei akteurs.[4][5] Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.

In 2003 voltooi hy sy drama- en teaterstudie aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.

Remove ads

Persoonlike lewe

Hy was gay en verander sy van na Howes met sy selfdegeslaghuwelik met dokter Craig Howes.[1]

Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar.[1][3] Hy het aan bipolêre gemoedsteuring en depressie gely.[1][5][6]

Dood

Hy pleeg selfmoord in Mei 2019.[1][5] Hy was vir 'n tyd lank vermis voor sy lyk op Saterdag, 4 Mei 2019 in 'n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is.[5] Hy is vermoedelik aan 'n oordosis pille dood.[5] Baie mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gelewer.[1]

Teaterproduksies

Regisseur

  • 2007: Rapunzel
  • 2008: James and the Giant Peach
  • 2008: Madiba Magic
  • 2008: Liewe Heksie
  • 2009: Danny the Champion of the World
  • 2009: Little Blue Dress
  • 2009: Noises Off!
  • 2011: Hoedens
  • 2011: Rose Red
  • 2012: Swoop
  • Rooikappie
  • Wasgoed
  • The Witches
  • The Cage Fighter
  • I'll Have What She’s Having...
  • Of Birds and Beasts
  • Subject to Citizen
  • Hats

Akteur

  • 2004: Jack and the Beanstalk
  • 2005: Die Keiser
  • 2006: Cinderella
  • 2006: Dames en Here
  • 2008: Spoof Full of Sugar
  • 2008: Eat Me!
  • 2012: Fully Committed
  • 2013: Civil Parting
  • 2013: The Briefcase
  • 2014: The Full Monty
  • 2014: Spamalot
  • 2015: The Double Bass
  • 2015: Miss Margarida's Way
Remove ads

Radio

  • 2015: Nagrit Op Keetmanshoop

Filmografie

Akteur

Rolprente

  • The Van Rooyens

Televisiereekse

  • 2003: Soul Buddyz
  • 2008: Villa Rosa
  • 2008: Backstage
  • 2008: Askies!

Draaiboekskrywer

Televisiereekse

  • 2014: Villa Rosa

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads