Piktogram

From Wikipedia, the free encyclopedia

Piktogram
Remove ads

'n Piktogram[1] is 'n klein prentjie wat gebruik word om iets aan te dui ('n tipe beeldskrif). Piktogramme word algemeen gebruik, omdat hulle deur alle mense (ongeag van die taal wat hulle gebruik) verstaan word, selfs deur diegene wat nie kan lees of praat nie. Die woord piktogram is uit Latyns afgelei: pictus, geskilder en gramma, letter.

Thumb
Piktogramme wat deur die VSA se Nasionale Parkeraad gebruik word.

Piktogramme word dikwels gebruik om belangrik inligting vinnig oor te dra. Om 'n prentjie te sien is vinniger as om woorde te lees. As gevolg hiervan word piktogramme dikwels in noodsituasies gebruik, soos om 'n nooduitgang aan te dui.

Piktogramme kan algemeen langs paaie, op lughawens en treinstasies, asook op die verpakking van sekere produkte gesien word. Iemand wat piktogramme teken, word 'n piktograaf genoem.

Remove ads

Voorbeelde

Unicode

Unicode is 'n internasionale standaard vir die identifikasie van grafiese tekens en simbole (soortgelyk aan die ASCII-kode). Die standaard ken 'n nommer aan alle tekens en simbole ('karakters') van alle geskrewe tale toe.

Telefoon (Kode: 260F) Vliegtuig (Kode: 2708)

ISO 7001:1990 vir publieke simbole

Restaurant/ eetplek
Toilet

Ander voorbeelde

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads