Pipet

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

'n Pipet is 'n stuk laboratoriumglasware wat gebruik word om vloeistowwe tussen houers oor te dra. Dit bestaan tipies uit 'n glasbuis wat met 'n nou tuit aan die kant en 'n verwyding hoër op in die buis.

Thumb
20 maatpipet
Thumb
5 ml volumetriese pipet

Soorte pipette

Thumb
Weggooibare pipette

As daar 'n skaal op die pipet aangebring word, word daar van 'n maatpipet gepraat. 'n Pipet wat slegs 'n enkele merk daarop aangebring het om 'n gedefinieerde volume aan te dui, word 'n volumetriese pipet genoem. Beide bogenoemde pipetsoorte word geyk vir 'n vloeistoftemperatuur van 20 °C. 'n Pasteurpipet bestaan tipies uit 'n glasbuisie van ongeveer 5 mm deursnee met 'n vernoude tuit aan die onderkant en 'n rubbersuiertjie aan die ander kant. Hierdie pipette word tipies gebruik om vloeistowwe drupsgewys toe te dien (medisynedruppertjies soos dié wat gebruik word vir oordruppels is Pasteurpipette). Weggooibare weergawes van die pasteurpipet is ook kommersieel beskikbaar vir gebruik in mediese voorbereidings.

Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads